Liefdes-storm
ragfyn madonna in ‘n tafereel
van silwer-lila-pienk lig
uitgesprei oor blou fluweel
lomerig vaak
in die arms van die wind
iewers tussen wakker en slaap
wolkvingers wat jou streel
sagte plekkies met oorgawe kus
asem wat in holtetjies speel
deur jou wese wasem
rondings piek na bo
as die wind in jou roer
waaier jy oop in ‘n kaleidoskoop
sonlig breek deur jou
liefdesgodin
volkome vrou
deur die woeste wind weggevoer
jou borste swel vol en rond
weerligstrale verskiet soos sterre
liefdesdruppels word uitstort
skiet saad in vrugbare grond
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Elroux hierdie is n treffer soos ek lanklaas gelees het