Jongste aktiwiteit:

Laat jou weg aan die Here oor (Ps 37)

My kind
moenie bang wees nie
vertrou op die Here
Hy is jou redder
jou toevlug
in moeilike tye sal Hy jou help
Hy sal jou onskuld laat deurbreek
soos die middagson
skuil in die skadu van Sy hand
hou vas aan Sy woord
Hy sal jou beskerm
doen wat reg is
wandel in Sy lig
vertrou jou lewe toe aan Hom
Hy sal vir jou sorg
selfs in hongersnood sal jy genoeg hê
Wees stil in die Here
wag op Hom
dié wat op die Here vertrou
sal die land besit
sal veilig woon
Die goddelose trek die swaard
span die boog
om die regverdige dood te maak
maar word deurboor deur hul eie swaard
hulle einde is naby
soos rook sal hul verdwyn
maar jou erfdeel
uit God se vaderhand
sal vir altyd bly bestaan




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed