My Vriend Willie
My Vriend Willie
(opgedra aan William Francis Moag ƚ 23 Februarie 1983)
In standerd agt het ons ontmoet
Ek het gevoel jy is my ouboet
‘n Jaar van vriendskap
Dit het gevoel soos ‘n leeftyd van blydskap
Ons het verhuis na Bloemfontein
Na skool klim ek die trein
Pretoria toe
Weermag toe
Ek het toe die skokkende nuus gehoor
Lank na ons kontak verloor
Willie is op die grens gedood
Deur ‘n mede troep se skoot
Ek onthou die vriendskap
En die blytskap
Wanneer ons weer ontmoet
Sal ek weer voel jy is my ouboet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie treffende vertelling, Leon. Goed gedoen