Jongste aktiwiteit:

Haastigheid

Haastigheid.

Haas altyd haas ons ons
Oorhaastig soos atleet na goud of brons
Ken jy haas almal hier op hierdie kuierhoek
besig om teen dringende snelheid nuwe vriende te soek?

Onthou die kinderspeletjie “haas-en-hond”
hedendaags speel ons so rond en bont

ons werk nie meer vinnig en sekuur
ons tyd verwyl ons uur na uur, te duur

Van haastigheid kom lastigheid
soos die knaagdier haas met sy gesplete bolip
voel ek ook by nadenke ernstig verskrik
die drang om vinnig te handel en beweeg, altyd bereid.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed