Jongste aktiwiteit:

Kinders is die toekoms.

Kinders is die toekoms.

Die Toring van Babel
is nie ‘n fabel.
Die mense daar
was skoon misrabel.

Hoër en hoër het hul gebou,
maar hul het dit tog berou,
omdat hul nie die Here vertrou.

Toe het daar verwarring ontstaan,
hul kon mekaar tog glad nie verstaan
en daar was geen plan te beraam.

Toe trek hulle almal ver, ver weg,
want die gebrabbel klink so sleg.

En al die mense moes erken:
Om die Here te dien, is altyd reg.

Sy het langs my gesit en haar pleister op haar toontjie vir my gewys.
O, wat het gebeur?

en met haar stemmetjie vertel sy van die hek by die huis.

Die les begin.

Ons leer vandag oor Gen 11: 1-9.

Die kinders gebruik Die Klassieke KinderBybelstorieboek Vertel deur Johan&Nina Smit om hulle lessies voor te berei. As een van hulle Sondagskooljuffrouens het ek die voorreg om die boek en die Boek te deel in n heerlike ontdekkingsreis van wat die Here ons wil wys.

En die dogtertjie met die pleister deel ons mee sy het n gediggie om voor te dra.

Sy lei die lessie in deur foutloos die woorde soos heelbo te sien, vir ons te laat hoor.

My hart is so bly en so gelukkig om hierdie jong kindertjies se entoesiasme en leergierigheid te beleef.

Ons praat verder om uit te vind hoedanig hulle begrip van hoogtes is.

Tussen die ouderdomme 4 en 10 was nie een kind bekend met n hoogte meer as twee verdiepings nie!

Om nie eens te praat van verstaan hoe hoog die mens moet bou om die spits van n toring tot aan die hemel te laat reik nie!

Ons het lekker saamgelag oor hoe die mense verward moes wees toe hulle skielik nie meer mekaar kon verstaan nie.
“Brand vir my vyftig bakstene sodat ek vandag nog n verdieping kan aanbou”.

Net n blank kyk …

Ons mense wil almal so belangrik wees.

Verwar en verstrooi die mensekinders.

Babel.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed