BITTER BLAAR
BITTER BLAAR
Hartseer kelk in bitter blaar
‘n vanggat blombek met skyn omvou
gegiet in vaatbundels van doring amara
word die nou verwelkte weemoedskind
saggies ingehaal en ru deur tyd verslind
in vlerkgedruis word soms rus gevind
met tollende tuimelspel in stuifmeel wind
deur dorre fyn poeier-vlug gesleep
oor bulterige wolk-sliert moeë hande
‘n spel met die dood – sonder bande
lugsak se lugruimtes onbeperk
suig die bitter blaar sy lewenswater
verstikkend uit gister se vaatbundel-gas
vlugtend deur blou be-aarde hande
van lewe wat eens lewe was
© Ida 2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig Ida.