Jongste aktiwiteit:

getrou

my duin is vanoggend leeg
ligte reën drup saggies neer
dit weef my gedagtes na skooldae
met rudi neitz wat duits vir ons leer
“ach wie is möghlich dann, dass ich dich lassen kann”
en “wir kanst nichts treu zein, ja-nein da kanst du nicht”
liedjies wat vandag nog in my gedagtes refrein
eie kultuur liedjies, wat nooit sal verdwyn
“kyk hoe ry tant hessie se witperd……”
taal leer deur liedjies te sing, is lekker
so het ons bantoe taal liedjies ook
geleer sing – die uitspraak kom
so maklik wanneer jy dit sing
skole moet vandag weer leer
dan sal tale makliker gebeur
“tsotsi wa tsitsi ra, tsotsi..”
“mang-wa-né-mpulele”
so al singende
stap ek terug
in gedagtes
versink
getrou
aan
my
kleintyd
se taal-meesters

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed