Jongste aktiwiteit:

Stil die stemme

Stil die stemme

Die tolbos rol om om om
kakie groei welig
wiele rol om om om
ratkas krap
olie tip tip tip
opiaat my maat
dowwe oë
gefikseerd
myn ontplof
kop bars oop
soos spanspek
web draai vas
donker nektar vloei
benewelde denke
sinne onlogies
hardloop hardloop
kry dekking
mortiere swoesj
bloedbevlekte klere
stukkies mensvleis
gedrapeer aan takke
hoekom
gestoor in brein
warboel
paai my wolf
hy wil nie
vlymskerp tande knars
grom alom
bloedbelope oë
bewende hande
trane biggel
smeekstemme klink op
stil die stemme
stil die stemme
wil nie hoor
wil nie sien
wil nie voel
verdwaalde gees
op doodloopstraat
waar sou jy jou bevind

©Berna
06.08.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed