Daar staan geskryf
Daar staan geskryf
“Daar staan geskryf… ”
so het Jesus die duiwel aangevat
met ʼn antwoord uit God se Woord gevat
daarmee het Hy Satan weggedryf.
ʼn Swaard in die mond van God se kind
om die Bose mee te verslaan
jou ongeloof mee hok te slaan
en vrede by Hom te vind.
ʼn Lig wat die donker verdryf
sodat jy in vrede kan leef
in liggaam, siel en gees
as jy weet: “Daar staan geskryf… “
©Stephan Uys 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.