Die bloudruk
Die Bloudruk
Die bloudrukke word opgestel
sorgvuldig word dit nagegaan
al die benodighede bymekaar getel
ʼn handtekening kom onderaan
Versigtig word die klei afgeweeg
met sorg word detail ingewerk
en ledemate gevorm wat beweeg
tot God hómself in die skepsel bemerk
God buig neer tot teen sy neus
“Verteenwoordig my!” fluister die Heer
en blaas in hom Sy eie Gees
God stel hom aan om te regeer
Die bloudruk word weer nagegaan
dit is presies wat voor God staan!
©Stephan Uys 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.