Die soldaat
Soos gewonde soldate in ‘n oorlog wat skarrel vir skuiling, so ook soek my vingers na die woorde op my foon. Waar kry ek die moed, wanneer gaan ek kan praat? As my oë toegaan, hoor en sien ek die patrone van die verlede verby jou vlieg, die bloed en geluide van ons pyn. Steeds keer dit nie my vingers se wurm bewegings wat na liefde en verlange toe kruip nie. Staan op en hardloop my vrou, kom terug na jou skuiling, daar waar die wonde en woede verpleeg sal word. Hier waar ek na jou sal kyk en in hierdie oorlog jou soldaat sal wees waar jy nooit aleen sal loop nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Aijajai, pyn krioel tussen hierdie woorde.