My Vriend
Jou krag en moed is die vuur wat in my brand,
as ek twyfel offer jy jouself en neem my hand,
jou oë is die rigtingwyser wat my oplig as ek ly,
dit gee my rede om te stry teen dit wat my verlei.
Wanneer gevoelens my harts-balans versteur,
jou lewenslustige wese my lewe wil kom beheer,
kom in gedagtenis beelde van jou terug na my,
terwyl jou kalmte se rustige streling spoel oor my.
Jy laat my verstaan, jy verdryf die dwaasheid,
vrede en geluk kan ek net vind in jou vryheid,
ek plaas my redding in ‘n kardoes wat ek wil stoor
sodat waarheid se antwoord in stilte kan versmoor.
In skaamte moet ek sê, ek het jou te na gekom,
want verstaan die het ek nie, nou staan ek stom,
net gister het ek gesê ek sal die antwoord kry,
more is nog ‘n dag, dan kan ons daaroor stry.
Die harde werklikheid dryf my nou tot diepe berou,
deur jou te plaas in hierdie kardoes versmoor ek jou.
Vandag het ek uiteindelik my ware antwoord gekry,
deur weg te hardloop sal vrede en geluk wegbly.
14/05/2019 © C. du Plessis
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek