My Psalm
My Psalm
In my lewe, my hart, my siel, wil ek jubelend juig
voor my Vader, die Koning ons Heer, wil ek buig
nog ‘n jaar verby, vol vrese, pyn, seer en nood
so staar ons voortdurend, in die gesig die dood
ons bid, ons vra, ons smeek, vir genade en behoud
in ons menswees is ons dag en nag tog so benoud
moedeloos, stukkend, verslaan deur siekte en dood
het ons, ons vertroue misplaas in ons diepe nood
soveel trane, soveel nyd, diep binne voer ons stryd
afgode, haat, verdeeltheid is als tekens van die tyd
ons soeke na vrede, dit is nerens meer te sien of te kry
gebind deur hebsug en afguns, is ons nie meer vry
stuur vir ons reën, is ons smeek gebed, O! Heer
uit die hemele, donderend, val dit om ons neer
ons gaan weer op ons knieë in dank voor Hom
in die natuur se skoonheid sien ons hoe dit blom
tog in ons harte bly dit droog, ons hou aan begeer
dis kennis en mooi praatjies, sommiges profiteer
elkeen soek sy eie belang, hou boek van die kwaad
dorings en ditsels spruit op tussen die goeie saad
O! Heer! diep uit my hart, hoor my dank gebed
dankie dat ek kan ontwaak en weet ek behoort aan U
dankie vir strome van seën uit U groote genade hand
dankie vir U Gees, liefde, lewe, elke dag se voorregte
dankie dat ek U kind genoem kan word, U erfgenaam
dankie dat ek die vorreg het om dankie te kan sê.
Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.