Jongste aktiwiteit:

dou

vroeg aand
is my duin nat
sopnat gedou
fyn mis wat
drup

onder dekking
van die mistigheid
sweef oortjies uil
sag oor fynbos
en skreeu

geplaveide pad
is glad en sopnat
in die gleuwe
groei nuwe
gras lote

snags in my bed
luister ek na die drup
die drup van dou
war vergaar
en afdrup

by die see
is daar min reën
dikwels nat van dou
so saggies benat
dit die veld

vroeë oggende
begin met digte mis
wat alles skilder deur
gefiltreerde lig wat
glinster van dou

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed