Jongste aktiwiteit:

Een

wanneer ek so wegsak
onder die wal van my duin
van die suid-ooster wegbuk
en hy waai stormsterk oor my
dan raak ek rustig in sy geweld
so woed die goed en die kwaad
ook oor my lewe heen en weer
elke oomblik mag onbewaak
en gevaarlik vir my wees
op my duin heers daar
egter net die Een
die Almagtige
God en Hemelse
Skepper van alles
en Heerser oor
almal

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed