
‘n Reis na die son
(In Egiptiese mitologie is die son die regteroog van Horus)
Icarus, graag sou hy wou
met sy wasvlerke in ‘n magiese vlug
na jou vertrek- die dood het hom kom haal;
sou hy dalk sy laaste pyl na jou toe snel?
As ék die tog neem vanaand
die donker in,
wipperig in droom verblind
hoe sal jy my verslind?
As jou oog dan in die ooste was
kan ek jou linkeroog se trane in die weste vang;
en wyl jy my in die skadu’s soek
bring ek vir jou ‘n kanteloep
Neem my op jou boot se vaart
vandaar kan jy my die sterre wys
en ek vir jou in bundels prys;
nes die soetste vrug van my kanteloep.
©Morné du Preez
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig is so goed geskryf! Die stryd van ontvlugting en dan meskien die prys. Ook die goeie Afrikaans wat my na die HAT laat gryp het “kanteloep” die beeld is ook so toepaslik.