Jongste aktiwiteit:

tuin van die lewe (BRONS)

tuin van die lewe

eens was Adam en Eva in die tuin so mooi
toe kom die slang en gevaarligte flikker rooi
alles was mooi en alles was goed geskape
verlei verlore verdwaal soos regte ape
die mens dink hy weet beter as die Vader
tot hy hom weer vol berou tot sy Vader nader

ek stap nou deur my tuin lowergroen en koel
die wind soen sag my wange heerlik soel
as die aroma van petunias my kom vul
en die kleure darteldans op blare gul
weet ek dit is hier waar ek wil wees
in Sy blomtuin kom verkwik Hy my gees

in die tuin van my Vader kom ek tot rus
hier word die vure binne my geblus
as die storms van die lewe ons skend
kan ons ons weer tot Hom wend
in die pragparadys van Sy tuin
begrawe Hy ons sonde en puin

©Marlene Erasmus
15/10/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed