Jongste aktiwiteit:

die spieëlbeeld (BRONS)

die spieëlbeeld

selfbeeld is hoe jy oor jouself voel
soms onwetend en nie so bedoel
is dit ander se menings wat hul vel
wat tog vir jou die meeste tel
maar wat ander van jou dink
moet nie maak dat jou ster nie blink

wat ander se persepsie van jou is
weeg onnodig swaar – dit is gewis
nie wie jy is as jy kyk na binne jou
solank jy net lewe met geen berou
en in wese bly die beste weergawe
van jouself ook as lewe nog aan skawe

as jy kyk na die leeu in die lens
sit jy soos katjie klein en wens
jy word gesien as dié een so sterk
beslis maak jy op die lewe ʼn merk
stil-stil is jy inderdaad bekend
dié een na wie almal vir raad hul wend

©Marlene Erasmus
02/10/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed