Wat kyk jy? (Brons)
in die swerfjaar van Ferguson
ploegvoor vyf in die turfland
was my ploegskaar verpand
toe ek vasval op Morgenson
my ratkas het gekrap van woede
die aanklag die begin van saaidag
geen poging om stuurstroop te versag
al wat oorbly was roesroede
verward verstard hardebaard
het ek stikkend tog verkwikkend
rooiwasig en lagwekkend
oë gestreel moeg en bedaard
‘n plakplek vir chappie ghuru’s
die snuitspot vir dié wat leeglê
en ‘n troos vir die paartjie wat afsê
eensaam verlate ‘n weggooi moegoe
en jy
kom sit
jou oë
neer by my?
© Francois Meyer Mei 2021
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Ek hou vd gedig dankie het my besig gehou. Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Die nuwe woorde is pragtig “stuurstroom bedoel hy rigting” & “roesroede bedoel jy ou woede of ou rigting” & “snuitspot het ek aanvaar dis soos snuifpot” & dan die gebruik van “neer wat ek as naby aanvaar het” Onthou net nie al jou lesers sal verstaan of die moeite doen & jou gedig is verlore
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek