Suiderkruis
Suiderkruis
ek fynkam die uitspansel
vol sterretekens gekarteer
iewers wag ‘n ster uniek
‘n skitterster net vir my
daar waar die Suiderkruis wys
die baken van noord of suid
daar sal ek liggies ‘n ster pluk
‘n rigtingwyser weer vir my
jy was my rigtingwyser
my noord en suid gewees
veilig uit dwaalspore gelei
my lewe weer rigting gegee
bedags sal ek styf vashou
jou rigtinggewende ster
saans sal ek jou weer
saggies laat terugkeer
©Marianne Buys
30 Mei 2021 10:02
Foto PADLANGS
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.