
subliminaal
–
vir selektiewe lesers
klink woorde soms subliem
wat dit eintlik vir hulle sê
is dat hul dit mooi vind
mooier as mooi dalk
of dalk verstaan
hul maar net
nie wat dit
wil sê nie
soveel
subliminale
gedagtes
vlieg in
en uit
dat
mens
se gedagtes
dalk nie meer
tred hou nie
dalk maar
net bêre
wat hy
nie
begryp
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.