Pandemie moeg
Pandemie moeg
ons is pandemie moeg
almal al moeg geswoeg
ons het nie meer spoed
niemand voel meer goed
nou in die derde vlaag
dit bly net aanhou knaag
hoe lank nog bly ons vra?
ons kan dit nie meer verdra
veertig jaar in die woestyn
dis hoe dit vir ons voel
wanneer hou dit tog op
ons is nou al voos baklei
maar U sê My tyd, nie jul tyd
hou moed, hou vas, hou aan
Ek dra julle, gee jul krag
die wenstreep sal wel kom
©Marianne Buys
31 Mei 2021 07:38
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.