Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Genesis (SILWER)

Deur Annamarie
Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 Aantal woorde: 69 56 Kere gelees 6

Genesis

Ek wou eens my geloof opsê:
toe jy as ster verskiet,
my aarde onherstelbaar kantel,
die wêreld in sy kern krummel
en lawastrome vastigheid versmelt
tot vormlose plate koue klip.

Maar ek’t besef ek kan nie:
hierdie breinlose bondel eensellige niks
gaan nie evoleer uit die chaos
om as sterkere te oorwin
en morfologies aangepas
verbeterd te funksioneer nie.

Al waaruit ek lewe skep
ís geloof.

©ASvdMerwe




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Junie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 17
Kommentaar telling: 3

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 233 gaste aanlyn

Bydraes – Argief