Bettysbaai (SILWER)
Bettysbaai
Bokant Bettysbaai
troon Kogelberg teen die son.
Fynbos wat daar fraai
tussen witklipkronkels blom.
Die skerp geur van geluk
kelk koninklik om jou oop.
Jou hart sal oral waar jy loop
daarvan pluk.
Stukkies afbreek
en stewig in jou siel
se speldekussing vassteek.
Al het droogte ontwrig
skamperlag die heide daar.
Skit’rend silwer sonlig
wat op sewejaar’ baljaar.
Dalk strooi jy drome oor die see
of koue golwe sleep jou mee.
Steeds sal al die goed-onthou
soos spierwit sandkorrels kom klou.
En in die diepte
van elke donker kloof
word vir jou bergstroomsoet beloof.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek