Kom Dans
voete
raak amper nie
die swart konsertvloer
bo vlieg
ń vuil tutu*
voete
pomp in modder pot
ontgin raar grondstof
bou stene
van elektronika
voete
loop werksgange
dra moeg koppe
dronk gedink
oor finansiële state
voete
dans gly loop
laat vlieg bou dink
na die maat
gespeel deur
ń vals orkes
* rok of slip wat ballerinas dra in formele dans uitvoerings
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.