Jongste aktiwiteit:

vrou


uit ribbebeen is jy gevorm
geskep omdat die mens iets geskort het
alles wat die man geskort het is in jou gemaak
volledig is jul saam geskep uit die stof van die aarde
saam is julle na die beeld van die Skepper gemaak
en Hy het seker gemaak toe Hy bevind het dat
julle goed geskep was in Sy oë

saam vorm jy en die man ‘n eenheid
soms loop die man voor en soms jy ook
sonder mekaar kan julle nooit tot jul beste
ontwikkel of presteer nie – selfs al dink
julle dikwels so op julle eie daaraan
daar is altyd ‘n leë kol in eensaam
om te vermeerder is jul doel

dikwels is daar ‘n lang eentonige stryd
in jul verhouding van man en vrou oor watter een
nou eintlik die leiding moet neem om voor te stap
dit kan jare duur en soms bring dit eindelose
ongelukkigheid en dikwels verbrokkeling
so dwaas as mens terugstaan en kyk
saam is mos tog: gee en neem

In die vrou, lê alles wat die man nie oor beskik nie.

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed