Dis lente… (Brons)
Lente, jou bloeisels bot welig in aanskoue –
so vars, so nuut, so mooi in die ontdooi
van winter wat vervaag van flenter… ys
word warm, lewe seisoen
jou aanraking so sigbaar tussen die vaal,
bring jy hoop tussen die gister-winter
en vandag se mooi getooi
Lente, bring nuut in my hart – suster
bring die reën, sonder om net te leen
en maak jou tuis in my binnehart
se beloftes vir beter, vir meer
trippel-toon jou bloeisel prag
vir elkeen wat bakhand wag.
05/09/2021
14h34nm
Cornien Naudé
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek