uilspieël gesels
–
om te glo dat daar ‘n pandemie bestaan
is soos om die branders uit die see te ruk
die stert uit die hoender se lyf te ruk
die donkie se heee-haaa te stop
die meeu se skor kort te knip
–
om vandag te glo dat daar nie ‘n pandemie is nie
is soos om die haas sy spronge te laat staan
soos om die blêr uit meerderheid te knip
soos om in jou mou te nies en te proes
en $13000 aus boete te betaal
–
om vandag isometries en onpartydig te staan is
soos lyne wat op die teken tafel val af van die papier
soos aardbewings onder die see wat tsunami’s laat ontstaan
soos man en vrou wat ‘n leeftyd vat om te besluit wie bo staan
soos die bulk van ‘n koei wat in ‘n skeur in die berg probeer kalf
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.