gemoed
–
met eerste druppels
wat saggies neersif uit front
ja kouefronte bring ons reën
wil my gemoed sag ween
–
nog ‘n lang man het verhuis
gaan rus onder lang winter-bome
wat ewe rustig in ligte wind ruis
so mik en druk my gemoed
–
met elke deinende golf
spoel daar los gewerkte plante
uit op die wit strande van ons tyd
word ons vriendekring kleiner
–
daaglikse brood en seëninge
hou ons dankbaar en eerlik nederig
so waai die windjie ons hare saggies weg
na onbekende velde bring dit ons heen
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.