Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop
wat maak ek met die seer
van die aarde en ander se harte
wat kan ek sê wat voldoende sal wees
iets sonder die verkragting
van gaia, mens en dier
iets wat alles en almal kan red
want ons verwoes mekaar.
Wat maak ek met hierdie pyn
wat sag oor ons bergpasse mank
die trane wat in valle uit berge stort
die rivierbevlekte droëlope
wat ons land oorkruis
hoe red ek die gebreektes
hoe vind ek die verlores
hoe roep ek die dooies weer terug
veral die wat onskuldig in oop grafte lê
hoe vra ek jou nou
dan onthou ek weer hoe ek nagte wakker gelê het
net na die sterre kon staar
die goudgeel volmaan in my arms wou toevou
en hoe ek gewonder het
waar dit alles gaan stop.
© MRT 2021 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
3 Kommentare
-
Elizabeth
Pragtig Caren!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek