‘n wit hond byt
–
“bitter is die gal van ‘n hond wat die hand byt wat hom voed”
–
wanneer dit goed gaan, is almal vriendelik
wanneer dit begin sleg gaan raak almal kwaad
wanneer die vloekwoorde wit teen die mure begin sit
begin hond op hond jag maak om homself te voed
–
wanneer wit nie meer op een hand tel nie
dit is wanneer tel verdwyn – net geld begin praat
wanneer hond nie meer kat jaag, maar sy eie stert jag
waar ‘n volk homself bevind wat sy geloof verloën
–
wanneer hond uit selfsug en honger begin byt
wanneer hond veg teen elke band wat hom terughou
wanneer hond nie meer hond wil wees nie, maar roofdier
dit is wanneer ‘n volk nie meer hond wil wees nie
–
wanneer hond sy baas nie meer vertrou en volg
wanneer sy baas nie meer soos sy baas vir hom ruik of lyk nie
wanneer elke hond sy dag vandag begin opeis in sy vreet lus
kind teen ouer, ouer teen ouer, ‘n volk wat teen homself veg
–
“boere volk sal net weer laer trek wanneer sy honde ophou blaf”
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.