naweek; DIE WENNER
In ‘n satire-komedie program op TV het ‘n vrou opgetree. So ene met ‘n verbete gesig, skewe mondhoek, plooie tussen die wenkbroue, gebalde vuiste in die heupe gestem. Weet mos. En sy het raad gehad vir depressie-lyers; ek plaas dit onder „Naweek” en nie onder „Donderdag” nie ten spyte van haar kwaai gesigstrekke.
„Dink daaraan,” het sy haar publiek (die kamera) toegesnou. „Daar’s miljoene, nee miljaarde klein spermpies, almal met net een doel: Daardie eier. En net een het gewen. En dis jy! Elke keer as jy bietjie treurig is, as jy depro is, elke keer as jy van die spoorwegbrug wil afspring… Dink net: Ek het gewen! Ek is die wenner! Ek is iets werd! Teen al daai ander het ék deurgedring! Ék het gewen! Ek is ‘n een-in-‘n-miljaard mens!”
Sy het gemeen: Nie tou opgooi nie. Nie ondergaan nie. Jy het ‘n ongelooflik swaar resies teen al daai miljaarde gewen. Kop hoog, deurboks, het sy gemeen.
_ ▲ _
ò ﻫ ó
©18e.Junie2016………………….\ ≈ /………………………………………….tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
EN sy het die spyker presies op die kop geslaan.. ons is elkeen wenners!!! Dankie dat jy ons weer hieraan kom herinner het Toom