Jongste aktiwiteit:

Valse Aankope

op swaar rakke is
vele goeters publiek uitgestal
party in plaasmarkies krom en skeef
ander weer in inkopiesentrums profesioneel
alles beskikbaar op krediet vir die algemene publiek

wandelgang casanovas
gooi aanskaf blikke na lyfies
en dié wag vir ń hoër aanbiedinge
terwyl wyse ouer voos koppe
die aankope onwelvoegtig en onnodig vind

in die aankope malemeule
staan ń mooie model totaal verslae
ń kosmetisiese mediese verslag verklaar
dat haar aantreklikheid in pleisters gaan verval
en geen rak hier dra haar kwaad, skaam of eina

© Koos Elsum




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed