klein bietjie
sonstrale bak op my lyf
my bloed borrel van pret
hartseer verdwyn spoedig
alles lyk nou sommer beter
as klein-bietjie-son verskyn
kinders baljaar op my duin
brakkies blaf van puur plesier
golwe breek rustig uit op strand
seemeeue skreeu van lewe
as klein-bietjie-son verskyn
oumense strompel stil aan
hul oë gerig op die horison
groot skepe lê vasgemeer
ver agter die deining lê mis
as klein-bietjie-son verskyn
hou jou hande vir jouself
sê die een vir die ander
as witwater branders vat
mense omrol en kook
in prettige strome seën
as klein-bietjie-son verskyn
klein-bietjie-son, klein-bietjie-son
kom tog terug na my toe jong
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.