Jongste aktiwiteit:

reg en geregtigheid

 

 

“Om te sien wat reg is, en dit nie te doen nie, is ‘n gebrek aan moed of beginsel.” – Confusius.

 

soveel slagspreuke soveel leuses

soveel ongebreidelde smart

soveel kop-in-die-sand

“doen dit – want dit is die regte ding om te doen”

slagspreuk van reënboognasie in haelstorm van tyd

soveel afgebreekte beginsels by die deur uitgegooi

met merkwaardige historiese gevolge vir almal

 

“In ‘n land wat goed regeer word, is armoede iets om oor skaam te wees. In ‘n land wat swak regeer word, is rykdom iets om oor skaam te wees.”- Confusius.

 

met sonop en sononder wat verbysnel

ouers wat ouer word en verbygaan

kinders wat gebore word

en veg om hul bestaan

is daar net ÉÉN

die enigste

Hoop

 

“Ons grootste glorie lê nie daarin om nooit te val nie, maar om elke keer as ons val op te staan.” – Confusius.

.

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed