Haar naam is ma
Haar naam is ma
Saggies kniel sy voor haar Heer, hande saam geslaan.
‘Lei my kind asseblief 0’ Heer, as ma kan ek hom nie alles leer.”
Sag op haar skoot kom lê ek neer,” waarheen nou mamma?, ek kan die storms nie meer keer.”
Met sagte woorde troos sy, ons gee dit vir die Heer.
Elke seer ken sy, asof sy dit self gemaak het. Raad het sy, asof sy dit self beraam het.
Maak nie saak wat die wêreld mag bring, oor haar kind sal sy altyd ñ loflied sing.
By mamma verdwyn alle vrese. Sy kyk diep tot in in my wese.
Tot die dag wat haar Heer haar kom haal, sal ek bid dat Hy haar moet seën en bewaar.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.