
Enkel drenkeling
Winde en storms
het ‘n verbleikte seil
laag, halfmas laat hang
wyl trane van gisters –
versteen op ’n wang
Op soutsproei wieke
van die winterswind
sweef ’n seemeeupaar
as hul koggel eggo –
drome verder verslind
Al dobberend die drenkeling
nader mistige horison
op selfgemaakte skuit
sinkend skommel en skud –
die silhoeët van enkeling
3 Kommentare
-
Anze
jou woorde wek n eensaamheid binne mens.. pragtig gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Laat mens verlang na mense wat jy nie ken nie