Geduld soos Job
Geduld soos Job
Deur Ryno du Plessis
Alles in die wêreld het hy gehad,
die duiwel het met hom ’n plan gemaak.
Al sy weelde het hy verloor, maar sy geloof was diep gestoor.
Mag ek vandag by hom leer: God is altyd in beheer.
Rykdom maak ons stom, blind vir die groter plan.
Wat die mense sal sê, klou soos malaats; lewe volgens wat die wêreld wil hê.
Sou jy jou geloof in Hom belê, seën Hy jou met meer as wat die hart wil hê.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.