mal – insane
so mal soos ‘n haas
eet meer kaas – kaas gee krag
soos enige aandagtrekker – advertensie
vertoon die gebruik van engelse woorde
‘n onaangename klank van onbemagting
onbemagtiging van my taal
daardie enigsoortige taal
waarvoor daar in bloed
betaal is – taalvegters
ja dit is heeltemal
mal – om te mieks
dit dui net op truuks
swakkeling van taalgenoot
wat klikaas uitsit vir hul
taalrot-vriende
om “with-it”
te wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.