
Groen Vye
binne die breë blare
wat skraap teen die lug
swel ń styf toe
groen vrug
vroeg ontvorm die stywe
knop in helder son
rooi gaaitjie middel
ń ryp vrug
die vel is sag
lê suiker soet om
ń geel kombers
wat ruik na son
hande vroetel sagte vleis
pink gelaat en binnekant
ń tong gly glad
en alles is ontbloot
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.