geboorte van ‘n winterkind (SILWER)
geboorte van ʼn winterkind
in wolkelose wintersaand begin my liggie skyn
winterweemoed wuif weifelend huiwerend
ragfyn sneeuvlokkies val sag en bibberend
wyl son se strale skuifelvoet op horison verdwyn
met gletservingers streel die swart ryp genadeloos
en winterkoue klem aarde vas met kapok-arms
al kreunende en kermende sing winterwind sy psalms
koue laat voel my enkel alleen hopeloos
in die ryptrap van ʼn winterlandskap
bly somer en winter die Heer se handewerk
uit die skynbare winterdood sal weer lewe kom
nuwe sade wat stralend bloei in botsels blydskap
in liefdesdiens kom maak hul hul merk
sal ek in genade en liefde blom?
©Marlene Erasmus
20/06/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek