versonke
voor sy uitkykpunt
sit digter diep in gedagte
sake van sy hart en lewe
versonke in die uitspeel
van sy verlede
voor sy oog speel branders
met gebreekte wit mosselskulpe
besaai die strand met wit belyning
gaan haal die lewegewende kril
ver agter diep blou horison
bokant sy venster skyn son oranje
deur vroegoggend se wit getinte wolke
waartussen seemeeue sweef en strand bespied
vir elke brokkie afval-seekos wat mag uitspoel
skerp oë ge-ewenaar deur netso skril stem
vandag is die lewe effens blou
van die ergste winter koue wind
bibberend soos mossies wat verveer
van die klam, koue winter weer
vervel sy siel onder sy Heer
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.