Jongste aktiwiteit:

roos

stormweer het my duin
byna verwoes laasnag
uitgekalwe aan seekant
weke se sagte sand geskuif
waar ek sweef sleep my een been
nog ‘n roos van die soutpansberg
is laasnag vroeg afgeknip
so vroeg dat dit seermaak
verlep in haar fleur
dit maak baie seer
dit maak baie hard
maak vasberadenheid
om nog meer paraat te wees
nog meer klip harde voornemens
dat die gety gaan draai – ten alle koste
dat die banvloek weer sal heers
in rooi modderige aarde
sal daar geploeg
en geplant
word

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed