Jongste aktiwiteit:

VERLANGE MORS IN MY

VERLANGE MORS IN MY

Die reën flenter soos die gesuis van die see teen die vensterruit.
Die druppels slenter nat en ongetem deur die branderbreek van my hart se rou klop.
Ek verlang.
Ek verlang na die warmte van ‘n stil-teer aanraking.
Verlang na die weerlose-nuanse van ‘n weerlose liefhê-stem.
Ek verlang na die fynskrif van passie nog ongeskryf.
Verlang na voetnotas van ‘n ewigheid nog vasgevang in die geboortekanaal van tyd.
Koud mors die reën teen die ruit.
Mors die druppels in my hart; en ek verlang….na jou.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou hart vandag Slowdance op die soom van ‘n bittermooi droom.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed