Die Geheime agter Thomas se Waterblou oë
Die Geheime agter Thomas se Waterblou Oë
Lang tjekjas, bofbalpet en serp is hoe jy hom herken.
Sagte stem, met woorde min. Verdrink jy in sy waterblou oë.
Sproete versier sy gesig. Hulle moet daar wees.
Suurdeegbrood onder die blad lewer hy af van huis tot huis.
Sy ma het dit self gebak.
Jy sou nooit vriende om hom sien, of ‘n nooi wat sy tyd verdien.
Thomas het ná sy werk gewoonlik agter mure net verdwyn.
In sy oë lê onvertelde geheime, emosies sonder naam.
Hier uit my bril se raam aanskou ek ‘n jong man wat lewe om sy eie drome te laat gaan.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.