beroemd – berug – ontvrug
vermaard is jy wat praat
befaamd van noord na suid
van oos tot wes bekend
vertroud is jy wat skryf
beroemd is jou woordetal
rugbaar jou sienswyse
van begin tot jou einde
raak alles wat berug kan wees
deel van jou woordgeraas
eiegeregtig jou taal
ontvrug van alle akkolade
gesing as treur balade
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.