Kougom in die hare
Kougom in die hare
Hierdie lewe wil gekou wees.
Soms met smaak en soms reeds verby die smaak.
Soms klou ons vas aan wat eens was, bly kou asof die lekker smaak weer sou kom.
Dan is daar dié wat net nie wil laat gaan, en klou aan gister soos môre se bestaan.
Streef op jammer en laste raak jou verhaal.
Dit is daardie stories wat klou soos kougom aan hare.
Alles behalwe aangenaam.
Dan kom die lewensskêr en sny jou verhaal uit ander se lewens.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.