Winter in die lente
Winter in die lente
Grou grys hang die mis
tot laag op die grond.
Ysige wind kruip
deur elke venster
en gaatjie.
Strande leeg,
almal getooi
in serp en jas.
Hierdie koue
ken hul goed.
Terwyl die binneland
begin bloei
en stadig regmaak
vir die reën se groei,
bibber die Munders
en baaiers
teen die Namibkus.
Winter tot net voor Desember,
dan blom die kus
se strande weer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.