
vir
Gedigte
skaduwee
in versengende hitte
van hierdie lewens-woestyn
skuil ek in die koelte
.
die enigste koelte
wat my beskerm teen skade
waar ek swak is
.
ek hardloop nie
van boom tot boom
se eng skadu nie
.
my skaduwee is alom
ek skuil in die skaduwee
van die allerhoogste
.
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.