Stilte van ñ vreemde
Stilte van ’n vreemde
Donker swartgrys wolke hang om jou kop. Jou oë donker, sonder gevoel.
Harte maak oop, hulle nooi jou in. ’n Gevoel tussen verwaand en arrogant stap saam met jou in, soos die reuk van skerp parfuum.
Hande steek uit om jou te verwelkom, maar jy klap dit weg.
Jou ego maak die harte stil van dié wat omgee. Selfs ’n blinde kan sien: hier is iewers fout.
’n Oorlog voer jy in jou kop, gebruik ander se omgee as die oorlogsveld.
Alles is stil, al wat praat, is gevoel … maar die stilte van die vreemdeling praat harder as gevoel.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.